Bepalings en Voorwaardes vir die elektroniese vorm én deelname aan die Affie Wildsfees-Fondsinsameling

  1. Deelname en skenkings: Alle inligting wat deur my verskaf word via die elektroniese vorm, insluitende persoonlike inligting én besonderhede rakende skenkings of betrokkenheid, is korrek en volledig na die beste van my wete. Ek verstaan dat my skenkings vrywillig is en bestem is om die Affie Wildsfees en sy doelwitte te ondersteun.
  2. Gebruik van inligting: Ek gee hiermee toestemming aan die organiseerders van die Affie Wildsfees om my persoonlike inligting te gebruik vir doeleindes wat verband hou met die fondsinsamelingsgeleentheid, insluitend, maar nie beperk tot kommunikasie, organisering, en administrasie nie. Ek verstaan dat my inligting veilig hanteer sal word in ooreenstemming met toepaslike privaatheids- en databeskermingswetgewing.
  3. Wysigings en kansellasies: Ek erken dat die Affie Wildsfees Fondsinsameling ‘n geleentheid is wat onderworpe kan wees aan veranderinge of kansellasies wat buite die beheer van die organiseerders mag wees. In só ‘n geval sal ek geen eis teen die organiseerders hê weens enige wysigings óf die kansellasie van die geleentheid nie.
  4. Vrywaring: Ek vrywaar hiermee die organiseerders van die Affie Wildsfees, hul vrywilligers, vennote en enige ander partye wat betrokke is by die organisering van die geleentheid, van enige aanspreeklikheid vir verlies, skade, besering, of uitgawe wat ek mag ly as gevolg van my deelname aan dié fondsinsameling.
  5. Ooreenkoms: Deur hierdie vorm in te dien, bevestig ek dat ek die bepalings en voorwaardes hierbo gelees het, dat ek dit verstaan en dat ek vrywillig instem om daaraan gebonde te wees.